BKSA / MCSA

UITSTAPPIE INLIGTING / MEET INFO

Go to links Skakels/Links
(onderaan bladsy/bottom of page)

KLIMPROGRAM: Julie tot September 2008

Let wel :

  • Deelname aan uitstappies geskied op eie risiko.
  • Bel asseblief die leier voor elke uitstappie om jou plek te bespreek.
  • Sluitingsdatum gewoonlik een week voor datum.
  • Die tye op die program aangedui is vertrektye, kom asb. 10 minute vroeër.
  • Indien jy twyfel oor die moeilikheidsgraad van die uitstappies, bel die leier vir meer inligting.
  • Nie-lede betaal R20 vir deelname per uitstappie plus die volle permitfooi.
  • Persone wat kanselleer na die sluitingsdatum sal vir permit koste aanspreeklik gehou word.
  • Die bymekaarkom plek vir alle uitstappies is voor die US Elektriese Ingenieursgebou se ingang (parkeerterrein aan Oostekant van die Ingenieursgeboue uit Banhoekweg), tensy anders vermeld.
  • ·In geval van verslegtende weersomstandighede besluit die leier of die uitstappie gekanselleer word,
    in geval van twyfel skakel die leier.
  • Lede wat Wildcards besit moet asseblief vooraf die leier laat weet en dit dan saambring op die
    uitstappies. Dit sal die Klub help om te bespaar op permitkostes.

AANDAG LEIERS: Stuur asb ’n volledige uitstappie verslag aan die bestuurslede vir Klimprogram, Nuusbrief en aan die Sekretaris (sien adresse op agterblad van die Nuusbrief) en ’n harde kopie aan BKSA, Posbus 152, Stellenbosch, 7599.

  NAWEEK 28-29 JUNIE: KOUE BOKKEVELD SNEEUKOP SONDAG 6 JULIE: LEDGE’S, TAFELBERG
Groot en hoë berg met ver uitsigte. Kamp naby die baken (bo 2000m). Bring tente en warm wintertoerusting. Bel leier.
Leier: Teuns Kok, 021-883 8946h of teuns.kok_by_capetown.gov.za
Vertrek: 8h00 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: R100
Vanaf Rhodes Gedenkteken met Nuwelandkloof en die Ledge’s roete tot bo. Ledge’s is ’n klassieke scramble roete en blootgestel op plekke. Bel leier (bel asb na-ure).
Leier: Hans Scheffler, 082 788 9515
Vertrek: 7h00 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: R45
 
NAWEEK 11-13 JULIE: THOMASHUT, HEXRIVIERBERGE VRYDAG 18 JULIE: SOSIALE AAND MET SKYFIES
Halfspoed. Kinders welkom. 'n Lekker lang naweek vir oulaas voordat die skole weer begin.
Ons hoop daar is baie sneeu! Bring warm klere. Bel leier.
Leier: Lydia Cilliers, 021-876 4461h
Vertrek: 9h00 by Brandwag afdraai vanaf N1 by Worcester.
Bydrae vir brandstof: R80
Teuns wys vir ons foto’s van kano trips op die Oranje, Doring, Palmiet riviere, kloofing uitstappies en ‘n DVD oor die Nyl. Plek: ten huise van die Verhoevens, KANA, Helderbergstraat 16, tel: 021-887 4113. Tyd: vanaf 18h30. Bring beker saam vir sop en ‘n kussing om op te sit.
 
SATERDAG 19 JULIE: HAELKOPSKEURE, JONKERSHOEK DONDERDAG 24 JULIE: SWARTBOSKAM, JONKERSHOEK
Verken die Haelkopskeure. Interessante skeure en gange. Bring flits/ koplamp.
Leier: Teuns Kok, 021-883 8946h of teuns.kok_by_capetown.gov.za
Toegang: Wildcard of R25
Vertrek: 7h30 vanaf Jonkershoek.
Bydrae vir brandstof: R20
Die Kaapstad afdeling nooi Stellenbosch lede saam op hierdie interessante ou klouterroete tot by Pic Sans Nom en terug via Swartboskloof. Bel konvenor vir reëlings.
Konvenor: Tony Heher, 021-794 5730h of Tony.Heher_by_gmail.com
Toegang: Wildcard of R25
 
SATERDAG 26 JULIE: KLOOFNEK NA SLANGOLIE GROT, TAFELBERG NAWEEK 2-3 AUGUSTUS: WERKSNAWEEK, ZEEBASBOSCHK
Gesamentlik met Kaapstad Afdeling. Bel konvenor vir reëlings.
Konvenor: Suzanne Wilson-Smith, 021-782 2545h of 083 303 3417
Ko-konvenor: Karen Watkins, 076 543 7266
Stb Afdeling eiendom. Kamp naby motors. Werk: kampplek, paadjie en hakea. Bel leier.
Leier: Gerhard van Wyngaard, 021-685 5428h
Vertrek: 7h00 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: Bestuurders sal vergoed word.
 
SATERDAG 9 AUGUSTUS: PERDEKOP, FRANSCHHOEK SATERDAG 16 AUGUSTUS: VICTORIAPIEK, JONKERSHOEK
Lang dag teen halfspoed. Kinders welkom. Ons stap totdat ons baie sneeu kry om in te speel, of tot bo. Mooi uitsigte (as die weer dit toelaat).
Leier: Lydia Cilliers, 021-876 4461h
Toegang: Bel leier voor Vrydag 8 Augustus vir permitreëlings.
Vertrek: 8h30 vanaf Mont Rochelle se hek bo-op Franschhoekpas.
Bydrae vir brandstof: R45
Bou jou sneeuman! Bring wintertoerusting. Lang dag. Fiksheid vereiste.
Leier: Peter-Jan Randewijk, 021-883 8592h of pjrandew_by_sun.ac.za
Toegang: Wildcard of R25
Vertrek: 7h00 vanaf Jonkershoek.
Bydrae vir brandstof: R30
 
SONDAG 24 AUGUSTUS: TRADISIONELE ROTSKLIM, ELSIEPIEK DONDERDAG 28 AUGUSTUS: LANDROSKAM, HOTTENTOTS-HOLLAND
Suspension face (E2). Bring eie toerusting indien jy het. Getalle beperk. Bel leier voor die tyd.
Leier: Paul Verhoeven, 021-887 4113h of pfmv_by_sun.ac.za
Vertrek: 7h30 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: R45
Die Kaapstad afdeling nooi Stellenbosch lede saam op hierdie nuwe klouterroete vanaf Nuweberg tot Landoskoppad. Die kam bied uitsigte op Victoriapiek, Somerset Sneeukop en die drieling tot Maanskynkop by Hermanus. Bel konvenor vir reëlings.
Konvenor: Tony Heher, 021-794 5730h of Tony.Heher_by_gmail.com
 
VRYDAG 29 AUGUSTUS: SOSIALE AAND MET SKYFIES SATERDAG 30 AUGUSTUS: SIMONSBERG
Ulli Deutschlander wys vir ons sy skyfies oor sy verblyf op Marion Eiland, van Albatrosse tot koningspikkewyne, van landskappe gevorm deur vulkane en verweer deur water en wind.
Plek: ten huise van die Verhoevens, KANA, Helderbergstraat 16, tel: 021-887 4113.
Tyd: vanaf 19h00.
Interessante klim met mooi uitsigte. Bel leier.
Leier: Louw Engelbrecht, 082 781 0783
Vertrek: 7h30 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: R35
 
NAWEEK 6-7 SEPTEMBER: NUWEBERG DWARSKLIM DONDERDAG 11 SEPTEMBER: STEENBRASRIF
Vanaf Nuweberg. Lente bergtoer met mooi fynbos en uitsigte. Klim Dwarsberg, die Triplets en Somerset-Sneeukop. Slaap in Hauptfleish se grot. Bel leier.
Leier: Teuns Kok, 021-883 8946h of teuns.kok_by_capetown.gov.za
Toegang: Bel leier voor Vrydag 29 Augustus vir permitreëlings.
Vertrek: 7h00 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: R50
Die Kaapstad afdeling nooi Stellenbosch lede saam op hierdie nuwe klouterroete (B standaard) bo die Steenbraskloof naby Gordonsbaai. Bel konvenor vir reëlings.
Toegang: Wildcard of betaal
Konvenor: Tony Heher, 021-794 5730h of Tony.Heher_by_gmail.com
   
SATERDAG 13 SEPTEMBER: HAELHOEK SNEEUKOP SATERDAG 20 SEPTEMBER: PIEKE, JONKERSHOEK
Laaste keer het reën verhoed dat hierdie uitstappie kon plaasvind.
Stap vanaf Midaskloof in die Du Toitskloofpas. Bel leier.
Leier: Brian Brock, 021-797 1901h of 084 702 1365
Vertrek: 7h00 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: R40
Suidfront roete, C klim en blootgestel. Geen hoogtevrees. Fiksheid vereiste. Bel leier.
Leier: Wim Morris, 082 321 8774 of wimmor_by_gmail.com
Toegang: Wildcard of R25
Vertrek: 7h00 vanaf Jonkershoek.
Bydrae vir brandstof: R20
   
NAWEEK 27-28 SEPTEMBER: TOORKLOOF NA SYBASBERG  
Klim Toorkloof en oornag op die nek (water word laaste uur gedra). Sondag dwarsklim oor klipplate en “B” klim tot op Sybasberg. Gaan af oor UCT se eiendom. Bel leier.
Leier: Gerhard van Wyngaard, 021-685 5428h
Vertrek: 7h00 vanaf die Elektroniese Ingenieursgebou.
Bydrae vir brandstof: R60
 

:: Terug na bo ::


[Tuis] [Uitstappies] [Uitstappieverslae] [Nuusbrief] [Argief] [Foto's] [Komitee] [Lede Inligting] [Aansoekvorm] [Vrywaring]
[Bergklub van SA (hoof webwerf)]